Liefieland Kleuterskool

By Liefieland Kleuterskool het ons ‘n passie vir Kinders!
Ons bied ‘n veilige omgewing waar u kleuter met selfvertroue kan ontwikkel tot sy|haar volle potensiaal deur deelname aan ons Opvoedkundige program en stimulerende aktiwiteite.
Die personeel en bestuur van LIEFIELAND PTY Kleuterskool verbind hulle tot:
♥ Handhawing van Chistelike norme en waardes
♥ ‘n Veilige omgewing waarin kleuters tot volle potensiaal kan ontwikkel.
♥ Gelukkige kleuters wat kan leer, speel en fantaseer soos net kinders
kan doen!
♥ ‘n Skoon en veilige omgewing
♥ Die onderrig taal is Afrikaans
♥ Goeie en openlike skool en ouerverhoudings
Hier wil ons u kind verwelkom in ‘n wêreld waar hy|sy kan ontwikkel na sy eie beeld en om sy|haar eie gedagtes selfstandig aan te wakker. Elke Liefieland Kleuter het ‘n spesiale plekkie om te vul in die wêreld. Dankie dat u ons vertrou om saam u kleinding te bou aan daardie roeping.